Tel: 061 549 3980 Email:

nicabeyers@gmail.com

Website: www.beyersbus.co.za Address: N/A find us on Facebook
Beyers Busdiens | iinfo Tzaneen, Polokwane

Die bekende en betroubare Beyers Busdiens word 21 jaar suksesvol bedryf.

In 1994 begin Thys en Nica Beyers die pendeldiens tussen Tzaneen en Pretoria. Die idee het ontstaan toe hulle kinders studente was op universiteit. Daar het die gedagte ontstaan om die pendeldiens te begin aangesien soveel ouers hulle kinders op en af moet karwei oor naweke en vakansies.

Daar was eers begin met ‘n kombi. Thys het toe self bestuur. Beyers Busdienste spog nou met ‘n Mercedes Sprinter (16 sitplekke) met sleepwa en Derick, hulle seun bestuur nou al 4 jaar die bussie.

Die bussie het heerlike lugreeling en getinte vensters vir  die gerief vir  die passasiers en ook ‘n platskerm TV.

Die Beyerse vertel ook van verskeie wonderwerke wat al  op die pad gebeur het en dat hulle nog nooit in ‘n ongeluk betrokke was nie. “Die Here se hand is tydens elke rit met ons”

“Ons geniet die  passasiers en die diens wat ons lewer. Die passasiers hou ons geselskap en dit maak die pad nie lank nie,” vertel Derick

Die bussie vertrek vanaf Sasol petrol stasie langs Ben Vorster en is total onafhanklik.  Dis ‘n familie besigheid.

Daar word vertrek vanaf Tzaneen en tel ook passasiers op by Standford Lake College, Haenertsburg en Polokwane.  Die bussie stop by MacDonalds in Hatfield, Pretoria en vertrek dan weer van daar na Tzaneen. Daar word ook gestop by die Gautrein stasie opversoek.