Buffelsbaai
Buffelsbaai is 'n strand en oord by Walkerpunt (Walker Point) naby Knysna, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die strand is bekend as 'n 'veilige' strand; daar is geen gevaarlike seestrome nie. Die naam het ontstaan as gevolg van die buffels wat in hul honderde daar gewei het. Die laaste een is in 1883 geskiet. Die Goukammarivier se monding is net so entjie wes van die strand.