Johanna Pieterse's blog | iinfo TZANEEN

Swartberg Pass

Die Swartbergpas wat n belewenis. Mnr Bain, ek salueer jou en die werkers wat hierdie pad gebou het. Die mooiste uitsig by die uitkyk punte. Ongelooflik om te dink hoe gevaarlik was dit om hierdie pad te bou, met die klipstapels langs die pad. Die pad is in n baie goeie toestand. n Groot gedeelte bo het gebrand, wat natuurlik goed is vir die fynbos se voortbestaan.
 

Noetzie

Ons het al so baie gehoor van Noetzie, met die kastele, en wou dit graag sien. Noetzie die naam val so lekker sag op die tong. Ons het gehoor van die baie trappe, en besluit om dit toe aan te durf. Glo my die terug tog was maar nie van die maklikste.
 
So is daar ook Garden of Eden - 'n lekker lopie in die bos.
 

Brenton-on-Sea

Brenton-on-Sea is 'n klein vakansiedorpie aan die Indiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is naby Knysna en ongeveer 4 km strandlangs vanaf Buffelsbaai. Die plekkie het bekend geword toe 'n swerm Brenton Blou-vlinder (Orachrysops niobe) (Engels: Brenton Blue butterfly) daar herontdek is. Die spesie is as uitgesterf beskou. Daar is ook 'n strand by Brenton-on-Sea sowel as verskeie visvangplekke. Die oord is vernoem na sir Jahleel Brenton, die admiraal wat gehelp het om die hawe by Knysna te ontwikkel.

CP Nel Museum

'n Ongelooflike pragrtige gebou. Alles word goed in stand gehou, netjies en skoon.
 
OUDTSHOORN NUUS - Die CP Nel-museum was in 1881 as ‘n Hoër Seunsskool opgerig. Rondom 1966 smelt die Seuns- en Meisies Hoërskool saam en trek albei dié skole na ‘n nuwe, meer moderne gebou. Die Hoër Seunskool is in 1981 as 'n nationale gedenkwaardigheid verklaar is nie. Die CP Nel-museum het eens gedien as die Hoër Seunskool van Oudtshoorn.
Die Britse argitek, Charles Bullock, wat in 1903 na Oudtshoorn toe verhuis het, het die Hoër Seunsskool ontwerp.
 

Arbeidsgenot

‘n Baie interresante besoek aan die huis "Arbeidsgenot" van die bekende CJ Langenhoven. Die huis binne is nog soos wat hy en sy vrou geleef het, jy kan net tot in die deur staan, want dit is toegemaak met glas, wat dit baie moeilik maak om foto's te neem. Lees gerus meer oor CJ Langenhoven op Wikipedia.
 

Sedgefield

'n pragtige skoon dorpie, met sy baie bekende mosaik werke. Dit is die 1 ding van die Wes Kaap : die 1 oomblik bewolk, dan sonskyn en net so vinnig kan die weer weer verander. Ons ry ons toe vas in die Scouts wat n optog het, met n groot aantal brandweer en polisie teenwoordig (ook n polisie voertuig wat nie wou ry nie). Lanklaas so n groot en rustige boeremark gesien, met stalletjies van verskillende nationaliteite en die mooiste proteas denkbaar.

Belvidere Holy Trinity-kerk

Belvidere (op pad na Brenton on Sea) op die westelike oewer van die Knysna-strandmeer, 'n woonbuurt vir gegoedes van die dorp Knysna, is bekend vanweë sy besonderse Holy Trinity-kerk. Hierdie Anglikaanse kerkie is 'n nasionale gedenkwaardigheid en is saam met die mooi omgewing van besonderse toeristiese belang. Die kerkie en sy pastorie is nie beskadig in die brand wat op 7 Junie 2017 'n deel van Knysna en omgewing in puin gelê het nie.
 
Argitektuur en bouwerk

Buffelsbaai

Buffelsbaai is 'n strand en oord by Walkerpunt (Walker Point) naby Knysna, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die strand is bekend as 'n 'veilige' strand; daar is geen gevaarlike seestrome nie. Die naam het ontstaan as gevolg van die buffels wat in hul honderde daar gewei het. Die laaste een is in 1883 geskiet. Die Goukammarivier se monding is net so entjie wes van die strand.

Jukani

Jukani is the home of rescued predators and other wildlife where the focus is on conservation and education, specifically on the plight of predators both in captivity and in the wild all over the world.

Subscribe to RSS - Johanna Pieterse's blog
Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.