Herinneringe oor die kap van Oom Paul se monument by Kruger Hek.
Anna du Toit skryf dat haar my man en sy asook hulle twee kleintjies aan die einde van 1973 vir ses maande op Skukuza moes bly vir tegniese werk rakende die padnetwerk waarby hy betrokke was.
Sy vertel sy was dikwels alleen tuis en het sommer vanaf die personeeldorp gestap na die perseel waar die bekende Suid Afrikaanse beelhouer, Coert Steynberg besig was met die beeldhouwerk van Paul Kruger.
Sy het die proses gereeld gefotografeer. Diaar was ‘n gips model gevorm waarvolgens hy die kapwerk gedoen het. Steynberg het haar ondermeer vertel destyds R72 000 vir die werk sou kry en dat hy en sy vrou gratis huisvesting op Skukuza gehad het. Die werk het om 9maande besig gehou.
Die graniet beeld en onderste blokke is daarna met groot moeite na die Krugerhek vervoer en opgerig waar mens dit vandag nog nog sien. Een van die landmerke van die Laeveld.
Add new review