
Die nuus is uit! Tzaneen het weer deurgedring as semi-finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie vir 2020
Soos die meeste mense weet word hierdie baie populere kompetisie aangebied deur die bekende KykNet program Kwêla, en die doel daarvan is om die inwoners van pragtige dorpies in Suid Afrika te motiveer om hulle dorpe en die attraksies wat daarmee gepaard gaan te bemark.
Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale ronde wat uitgesaai sal word op 1 Maart 2019 op KykNET DSTV kanaal 144. Hier kry die publiek vir ‘n week lank kans om vir hul gunsteling-dorp te stem. Die ronde laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde. Stem tydperk vir Tzaneen is vanaf 1 Maart 2020 om 18:00 tot en met 12:00 op 6 Maart 2020
Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege finalis-dorpies kom verfilm.
Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 24 Mei tot 12:00, 29 Mei 2020, vir die wendorp kan stem.
Die Wendorp word voor of op 29 Junie 2020 op Kwêla aangekondig, tensy dit anders op Kwêla aangedui word.
Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n KIA dorp van die jaar makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.
Hierdie is die ideale geleentheid vir Tzaneen om weereens te wys wat kan gedoen word, en sodoende ‘n reuse inspuiting te bewerkstellig wat betref die bemarking van ons pragtige dorp.
Besighede, instansies, organisasies, skole,en individue word aangemoedig om hierdie geleentheid aan te gryp en te gebruik – die bemarkings geleenthede is groot, en almal kan aan die einde van die wedstryd deel wees van die heerlike makietie wat KykNet en Kia sal borg vir die hele dorp!
Kom ons maak ‘n punt daarvan om te stem vir Tzaneen as Dorp van die Jaar!
Hou die media dop – of kontak die Iinfo Kantoor vir meer inligting of bystand
Tel : 083 309 6901
Add new review