Tel: 015 307 3571 Email:

jay@bpe.co.za

Website: N/A Address: Tzaneen, Limpopo Province
Friends of Classical Music | iinfo Tzaneen

Vriende van Klassieke Musiek (VVKM)
 
Die VVKM is sowat twee jaar gelede deur Dewald Pretorius, David Hilton-Barber, Margo McNeil en Francois Aucamp gestig. Dit is ‘n nie-winsgewende organisasie — trouens daar was al ‘n paar verliese waarop die lede inbetaal het — wat kunstenaars na Tzaneen (en na die inwoners van Limpopo se Laeveld) bring om waardering én die liefde vir veral klassieke musiek te bevorder.

Aan die begin van vanjaar is ‘n ooreenkoms met die Fairview Hotel bereik, het die eienaars ‘n vleuelklavier aangeskaf en kon daar opnuut beplan word om musici hiernatoe te bring.

Die eerste uitvoering in 2010 was deur die bekende Black Tie Ensemble, wat tydens ‘n aand- en ‘n daaropvolgende middagete opgetree het. Die ontvangs was puik en vanuit die publiek is gevra dat musiekuitvoerings meer dikwels aangebied word en dat nie streng by klassieke musiek gehou word nie. Die VVKM het derhalwe besluit om die aanbiedings af te wissel en ook ander bekende en erkende musici te nooi, soos die Soweto String Quartet en Rocco de Villiers wat as pianis ‘n goeie “gemengde” repertoire aanbied.

In 2009 het die VVKM ‘n Belgiese groep musici na Tzaneen gebring en hulle het ‘n kort slypskool by ‘n skool in Nkowankowa aangebied. Die strewe van die VVKM is om gereeld en soos kunstenaars daartoe instem, slypskole deur die kunstenaars vir skoolkinders aan te bied. So wil die VVKM die gemeenskap se jong en talentvolle musici en voornemende musici in kontak met beproefde en begaafde kunstenaars bring en hul drange na goeie musiek stimuleer.

Die lede van die VVKM hoop die plaaslike gemeenskap sal verder bevestig dat hulle die pogings om goeie musiek deur die optredes van kunstenaars hier in ons midde waardeer en ondersteun, sodat die VVKM uitgebou kan word tot ‘n kunste-organisasie wat die kultuurlewe in ons omgewing sterk kan stimuleer. Die lede droom daarvan dat die VVKM se pogings mettertyd so gevestig sal raak, dat die klub van twee lede uitgebrei kan word tot ‘n behoorlike nie-winsgewende regsentiteit, wat deur erkende gemeenskapleiers en waarlike liefhebbers van die kunste tot baie hoër hoogtes bestuur kan word.

Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.