Wysneusie Kleuterskool is `n gemeenskaps kleuterskool, in Letsitele. Dis kleuterskool is gestig in Januarie 1995.
Daar is 4 klasgroepe: Gr. R vir voorskoolse kleuters, Hasie groep vir die 4-5 jariges, Katjie groep vir die 3-4 jariges en die Muis groep vir die 0-3 jariges. Groepies wissel tussen 15 en 25 kleuters. Die kleuters volg `n volledige ontwikkelings program.
Dit word bestuur deur 'n bestuurskomitee en 6 personeel lede. Die kleuterskool is volgens publieke skool kwartale oop. Daar is nasorg beskikbaar vir kleuters en laerskool leerlinge tot 17:10.
Die volgende buitemuurse aktiwiteite is addisioneel beskikbaar: Playball, tennis, Monkeynastics, Kindermusiek, Modernedans, Bulletjie rugby en netbalvaardighede vir die dogtertjies.
Ouers word uitgenooi as vriende op Facebook, om op hoogte te bly van die gebeure by die kleuterskool.
Skakel ons gerus indien u enige navrae het.