Lewende Water Gemeente Hoedspruit | iinfo TZANEEN

Lewende Water Gemeente Hoedspruit

ONS FOKUS
 
Is om afhanklik te bly van “die fontein van lewe” (Jesus Christus ons verlosser en Koning) en nie ons kruike voor te hou en mense daarvan afhanklik te maak nie, maar om vars met die Woord van God om te gaan in ons verhouding met Heilige Gees wat ons leer, sodat ons nie vasgevang sal word binne ons eie wyshede, dogmas en afleidings nie. Hy bied ons ‘n lewe wat ewig en oorvloedig is en noem ons ‘n koningklike priesterdom. Laat ons ander voorstel aan hierdie Koning van ons en mag ons nie skaam wees nie.
 
Ps. 1:3 “En ek sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat ek doen, voer ek voorspoedig uit.”
 
Met die wete dat ons stof is en breekbaar is, dra ons hierdie SKAT in ons saam. Daar is dus niemand en niks wat my sal skei van die liefde wat daar in die Vader se hart is vir my Sy kind nie, deur Jesus Christus Sy Seun. Laat Hy jou dors les, lewe gee en vreugde wees totdat Hy ons kom haal. Shalom.
 
Joh. 14:6 “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
 
Youtube Channel
Facebook Page

Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.